Die De Groote Vlakte storie 

Die plaas De Groote Vlakte is op 3 November 1835 uitgemeet. Die oorspronklike plaas het mettertyd in 'n aantal kleiner plase verdeel wat uiteindelik aan mense buite die Botha-familie verkoop is.

In 1930 het Swartrivier, 'n deel van die oorspronklike plaas wat nog in familiebesit was, amper vir die familie verlore gegaan toe dit onder die hamer kom op 'n veiling van die boedel van die huidige eienaar se oupagrootjie. AB se oupa wou baie graag die plaas op die veiling koop, maar het net 'n perd en klere op sy naam gehad. Op die veiling bied sy oupa se neef, "Oom Hendrik Rooibul", aan om te help met 'n lening as hy 'n plaas wil koop. Danksy oom Hendrik kry AB Rossouw nou geleentheid om sedert 1984 wyndruiwe op Swartrivier te verbou, die 6de geslag op die plaas. 

Meer oor ons

AB Rossouw
Wingerdbouer & Wynmaker

Wynmaak
Die Durif storie.

Gallery
Oor passie en fotografie

In 2015 slaag ek om wyn op n baie klein skaal te maak, 165 bottels in totaal. Op die oomblik maak ons ongeveer 1000 liter wyn per jaar. Durif, ook bekend as Petite Sirah, is my gunsteling kultivar.
AB Rossouw

Contacts

P.O. Box 152, Rawsonville, 6845
Slanghoek Rd, Goudini, Rawsonville
abr@dgvlakte.co.za
+2782 977 7797

COMPANY